Volg ons op Facebook

Agri Mega Week

Written by  Staff
| in Landbou
| August 4, 2014

Dis weer tyd vir die jaarlikse Agri Mega Week in Bredasdorp.

Tussen 17 en 20 September kom die landboubedryf weer dié jaar byeen in die skilderagtige Overberg. Die fokus is vanjaar op Afrika en verskeie internasionale afvaardigings word verwag by die eerste Dorper-wêreldkonferensie; Dorper- en Witdorper-wêreldkampioenskapskou; 20ste Jersey-wêreldkonferensie en talle ander gebeure wat tydens die week aangebied word.
Die 22ste AMW bied wol-, kleingraan-, suiwel- en lewendehawe-produsente die geleentheid om hul produkte ten toon te stel. Meer as 400 landbourolspelers sal na verwagting tydens die weeklange ekspo uitstal en op die jongste tegnologie vir produsente, kleinboerontwikkeling en plaaswerkerprogramme fokus. Meer as 20 000 mense word gedurende die week verwag.
        Vanjaar sal die fokus op Afrika tydens aanbiedings ʼn hoogtepunt wees. Daar word reeds vir etlike jare gepraat oor die toenemend belangrike rol van Afrika as ʼn sleutelkosvoorsiener aan die res van die planeet. Dié onderwerp word getakel van alle kante af gedurende kongresse en debatte wat gedurende die week gevoer gaan word.

Untitled-22Dorper-wêreldkampioenskapskou

        Die 1ste Dorper-wêreldkonferensie en die Dorper- en Witdorper-wêreldkampioenskapskou vind tydens Agri Mega Week 2014 plaas. Kundiges van regoor die wêreld sal hul kennis en vaardighede oor verskeie onderwerpe rakende die Dorper deel. Die tema van die konferensie is:  "Vordering en volhoubaarheid van Dorper-teling".
        Onder die sprekers is Ernest Connan, voormalige President van die SA Dorper-vereniging, Dr Adrian Veitch, voormalige President van die Australiese Dorper-vereniging, Giancarlo Antonie, 'n Dorper-teler van Brasilië, Dr. Derrick Swart, 'n veekundige by die Landbounavorsingsraad (LNR) en Dr Pier Ronchietto, 'n afgetrede Senior Navorser van die ARC-Vee-instituut.
Die Dorper-skou en die 7de Wêreld- Dorper- en Witdorper-kampioenskap vind  ook tydens Agri Mega Week plaas. Daar word verwag dat  800 Dorpers en Wit Dorpers deur telers van Suid-Afrika en Namibië vertoon sal word en om die kampioenskapskroon sal meeding.
        Die beoordelaars vir hierdie skouspel is ervare en hoogs gekwalifiseerd. Die nuwe elektroniese Hi-Lo-stelsel van beoordeling sal van toepassing wees. Daar is word beoordeel in 16 verskillende groepklasse in elke afdeling (Dorper en Wit Dorpers), met ses kampioenklasse in elke groep (junior, senior en grootkampioen).

Jersey Wêreldkonferensie

        Die 20ste Jersey-wêreldkonferensie word ook gedurende Agri Mega Week aangebied. Afvaardigings van talle lande het reeds hul deelname bevestig. Die program sluit analise van die jersey as ras, besprekings oor die aanpaspaarheid van die ras in verskillende Afrika lande, besoeke aan jersey kuddes en aspekte van die melkbedryf in. 'n Hoogtepunt is die beoordeling van verskillende koeiklasse tydens die Nasionale Jersey Skou wat ook tydens die week aangebied word.
       Die SA Damara kampioenskap en die SA Boerboel kampioenskap vind ook tydens Agri Mega Week plaas.  Boere, plaaswerkers en hul gesinne word genooi om te kom deel in Agri Mega Week se gesinspret. Die ekspo bied ook meer as 400 uitstallers, 4x4-uitdagings, 'n opwindende damesprogram, vars plaasprodukte en ʼn boeremark by die Parmalat-padstal aan. Heerlike kos en wyn, kompetisies, demonstrasies, plaaswerker- en kleinboerprogramme, landboupatente, en die BKB Mega-veiling en Mega Skaaptelkompetisie beloof om ieder en elk te vermaak.


Untitled-23HOOGTEPUNTE VAN AGRI MEGA WEEK:

Program: Dinsdag, 16 September 2014

OUDITORIUM
• 09:00 - Internasionale Dorper Kongres
BREDASDORP GEMEENSKAPSAAL  
• 18:30 - Plaaswerker van die Jaar Gala-geleentheid

Program: Woensdag, 17 September 2014

OUDITORIUM
• 09:00 - OABS Paneelbespreking (grond-water en arbeidsdebat)
Besprekings:  Ludé, 021-870 2953 / 076-792 2692 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
OVERBERG AGRI OPLEIDINGSLOKAAL
• 09:00 - Landboujeugleierskonferensie
PARMALAT SKOLETENT:  PERSEEL AL
• 09:00 - 13:00 - Parmalat Skoleprogram
MEGA PARK ALGEMEEN
• 10:00 – 12:00 - Mega Trekkerbestuurkompetisie:  Sessie 1
• 11:00 - 11:30 & 16:00 – 16:30 - Skaap-skeerdemonstrasies aangebied deur CMW
BKB VEESENTRUM
• 09:00 - Dorper- en Witdorper-wêreldkampioenskapskou

Program: Donderdag, 18 September 2014

OUDITORIUM
• 09:00 - Graan SA:  Bespreking (bewarings boerdery, wintergraan - toekoms)
DEPARTEMENT LANDBOU LESINGSLOKAAL
• 14:00 - Kleinboereprogram Navrae/besprekings:  Anne-Marie 021-863 1803 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
OVERBERG AGRI OPLEIDINGSLOKAAL
• 09:00 - Plaaswerkerprogram
Navrae/besprekings:  Anne-Marie, 021-863 1803 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
MEGA PARK ALGEMEEN  
• 09:00 - 17:00 - Pluimvee uitstallings: Pluimvee uitstal saal
• 09:00 - 17:00 - Veteraantrekkeruitstallings en Demonstrasies
BKB VEESENTRUM
• 09:00 - 17:00 - Dorper -en Witdorper- wêreldkampioenskapskou
• 09:00 - 17:00 - Jersey SA kampioenskapProgram: Vrydag, 19 September 2014

OUDITORIUM
• 09:00 - Debat:  “Nou is die tyd vir georganiseerde landbou om te kom met ‘n oplossing”
Navrae:  Anne-Marie, 021-863 1803 /  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
• 14:00 - Percheron Algemene Jaarvergadering
BUITE EKSPO
• 09:30 - 14:00 - Mega Skaaptel kompetisie
MEGA PARK ALGEMEEN  
• 09:00 – 17:00 - Parmalat Padstal
• 09:00 - 17:00 - 4 x 4 DemonstrasiesProgram: Saterdag, 20 September 2014

OVERBERG AGRI OPLEIDINGSLOKAAL
• 10:00 - Dames Oggend – Bespreking This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / 021 863 0397
• 10:00 - SA Skaaphond Assosiasie:  
Mini uitdunne.
• 15:00  - Roofvoël – Vliegdemonstrasie deur Eagle Encounters
• Voldag: Mega Perdeskou