Volg ons op Facebook

Sitrus Verbod

Written by  Laurel Cadle Barber
| in Landbou
| February 26, 2014

Die Europese Raad se staande komitee oor plantgesondheid het ‘n verbod verklaar op die invoer van die meerderheid Suid-Afrikaanse sitrusvrugte, as gevolg van kommer oor die Sitrus Swartvlek (SSV) swam, wat gevind is in besendings Suid-Afrikaanse uitvoer sitrusvrugte.

Die stap volg die onderskepping van 35 besmette besendings vanjaar vanuit Suid Afrika, Europa se hoof somer verskaffer, weens vrese vanaf produsente in die suide van Europa dat die swam in hul boorde sal versprei.
Hierdie verbod is slegs van toepassing op die 2012/2013 oes, wat in Oktober geëindig het.
Die Europese Unie (EU) het ook gewaarsku dat die verbod uitgebrei kan word indien 'n voortgaande ondersoek deur die Europese Voedsel Veiligheids Owerheid (EVVO) vind dat daar 'n werklike risiko van SSV verspreiding na die 500 000 ha Europese sitrusboorde bestaan.
"Die bekendstelling van Sitrus Swartvlek in die grondgebied van die EU sal 'n ernstige bedreiging vir hul sitrus-produserende gebiede inhou. Om dié rede is dit nodig om die invoer van sitruvrugte uit Suid-Afrika verder te beperk," het die kommissie in 'n verklaring gesê.
In 2013 is 600 000 ton sitrusvrugte vanaf Suid Afrika ingevoer, wat ongeveer 'n derde van die totale invoer in die grondgebied van die EU uitmaak.
Sitrus Swartvlek word deur die swam Guignardia citricarpa veroorsaak en is 'n plant siekte wat veral sitrusbome aanval. Dit bring uiteindelik hoë verliese mee en ‘n verlaagte oesproduksie. Sitrus Swartvlek veroorsaak swart kolle op die vrugte en die blare, en verminder dus beide oes kwaliteit en kwantiteit.
Op hierdie stadium is daar geen oplossing vir die bome wat deur die SSV swam geaffekteer word nie, en dit beteken dat aangetaste bome heeltemal verwyder sal moet word. Daar is ‘n voorkomende program wat wel geimplementeer kan word, en dit sluit in die gebruik van swamdodende-middels en behoorlike boord-bestuurs-maatreëls.

"..die verbod is 'n ramp vir die Oos-Kaap en vir die res van die land"

Die swam kan vervoer en berging oorleef en homself moontlik vestig in die EU se sitrus-produserende gebiede. Hierdie plantsiekte word meestal in somer-reënval gebiede met ‘n warm en vogtige klimaat gevind. In Suid Afrika is KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Noord-Wes and dele van die Oos Kaap die gebiede met ‘n gunstige klimaat vir die bevordering van SSV.  
In die ontwerp plan wat in Julie 2013 deur die EVVO gepubliseer is, het hulle die mening uitgespreek dat SSV waarskynlik in Europa kan versprei. Maar hulle het ook bygevoeg dat daar 'n hoë vlak van onsekerheid is as gevolg van 'n gebrek aan kennis oor hoe die siekte sou reageer in die EU klimaat.
Plaaslike produsente voel dat die EU se verbod waansinnig is omdat hulle meen die SSV swam nie in die Europese klimaat sal floreer nie. Hulle voel die maatreëls is net ‘n rookskerm vir die EU om hulle eie markte te beskerm.
Die Europese Raad, aan die ander kant, sê dit is glad nie die geval nie, aangesien die Europese en Suid Afrikaanse groei seisoene mekaar komplimenteer, en dus glad nie in kompetisie is nie. Hulle sê dat hulle Suid Afrikaanse invoere verwelkom omdat dit ‘n aaneenlopende bron vaninvoere verwelkom omdat dit ‘n aaneenlopende bron van sitrusvrugte deur die jaar is.
Sedert 2011 is ‘n gemiddeld van 35 aangetaste sendings per jaar vanaf Suid Afrika onderskep. Die EU se grootste sitrusprodusent, Spanje, het aangedring op ‘n strenger houding teenoor Suid Afrikaanse invoere.
Die verbod kan 'n vernietigende impak op die Oos-Kaapse sitrusbedryf hê, aangesien meer as 40% van hulle sitrusvrugte na Europese lande uitgevoer word. Ken Nieuwenhuizen, besturende direkteur van die Sunday’s River Citrus Company (SRCC), het gesê die verbod is 'n ramp vir die Oos-Kaap en vir die res van die land.  “Ons weet nog nie waar ons staan ​​vir volgende jaar nie want ons het nie alternatiewe uitvoermarkte vir daardie hoeveelheid vrugte nie."
Direkteur van bemarking by SRCC Hannes de Waal sê as Suid-Afrika die EU markte verbied word, sal die Oos-Kaap tussen 20% en 40 % van hul uitvoere verloor.
“Ons het reeds ander markte soos die Middel-Ooste, Rusland, Maleisië en China, maar daar is nie ‘n ander mark om uitvoere na die EU te vervang vir die hoeveelheid vrugte wat ons produseer nie," het De Waal gesê.
Hy het ook gesê die noodplan was om die aantal kartonne wat die streek verlaat te beperk, maar ernstige ekonomiese aanpassings sal gemaak moet word.

"Die verlies van die Europese sitrusmark, sal meer as 100 000 werksgeleenthede in die sitrusbedryf in Suid-Afrika in die weegskaal plaas."

Sedert 2011 is ‘n gemiddeld van 35 aangetaste sendings per jaar vanaf Suid Afrika onderskep. Die EU se grootste sitrusprodusent, Spanje, het aangedring op ‘n strenger houding teenoor Suid Afrikaanse invoere.
Die verbod kan 'n vernietigende impak op die Oos-Kaapse sitrusbedryf hê, aangesien meer as 40% van hulle sitrusvrugte na Europese lande uitgevoer word. Ken Nieuwenhuizen, besturende direkteur van die Sunday’s River Citrus Company (SRCC), het gesê die verbod is 'n ramp vir die Oos-Kaap en vir die res van die land.  “Ons weet nog nie waar ons staan ​​vir volgende jaar nie want ons het nie alternatiewe uitvoermarkte vir daardie hoeveelheid vrugte nie."
Direkteur van bemarking by SRCC Hannes de Waal sê as Suid-Afrika die EU markte verbied word, sal die Oos-Kaap tussen 20% en 40 % van hul uitvoere verloor.
“Ons het reeds ander markte soos die Middel-Ooste, Rusland, Maleisië en China, maar daar is nie ‘n ander mark om uitvoere na die EU te vervang vir die hoeveelheid vrugte wat ons produseer nie," het De Waal gesê.
Hy het ook gesê die noodplan was om die aantal kartonne wat die streek verlaat te beperk, maar ernstige ekonomiese aanpassings sal gemaak moet word.
Sitrus-uitvoere is groot besigheid vir ons land, aangesien ons die tweede grootste sitrus-uitvoerder in die wêreld is, waarvan 40 % (ongeveer 3 biljoen rand per jaar) na die Europese Unie gaan. Die verlies van die Europese sitrusmark, sal meer as 100 000 werksgeleenthede in die sitrusbedryf in Suid-Afrika in die weegskaal plaas. Volgens die Minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson bied Suid-Afrika se sitrusbedryf 60 000 permanente, en tot 100 000 tydelike werkgeleenthede.
Suid -Afrika is tans besig om China en Indië as nuwe bestemmings vir sitrus-uitvoer te ontwikkel as gevolg van die EU se verbod, sê Joemat- Petterson. "Ons vervang nie die EU-mark nie," het sy gesê. "Ons sitrusbedryf is as gevolg van hierdie verbod in gevaar; dus kan ons nie al ons eiers in een mandjie sit nie. Ons glo Indië en China is die lande wat nuwe geleenthede kan bied. "
Justin Chadwick, hoof uitvoerende beampte van die Sitrus Produsente Vereniging het gesê die land het reeds begin om kleiner hoeveelhede na ander markte, insluitend Zimbabwe en Suid- Korea, te stuur.
Dit lyk hoogs waarskynlik dat die Europese Kommissie die verbod op sitrus-invoere na die EU sal verleng vir die volgende oesjaar, en dit is dus uiters belangrik dat ons produsente begin verantwoordelikheid neem en maatreëls toe pas om te verhoed dat die swam verder versprei en aangetaste vrugte ons land verlaat.