Volg ons op Facebook

Keimoes – klein dorpie met 'n groot hart

Written by  Nikki van Coller
| in op Reis
| May 14, 2015

Sowat 43 km suidwes van Upington, in wat bekend staan as die “Groen Kalahari”, lê die prentjiemooi dorpie Keimoes. Die dorpie beslaan ʼn oppervlak van slegs 26.4 km en het ʼn bevolking van ongeveer 12 000 mense.

may215-opreis-keimios-1Maar al is Keimoes so klein, het dit ʼn lang en ryk geskiedenis, ʼn kleurvolle kultuur en baie om te bied vir enigeen wat besluit om daar stil te hou.

ʼn Woestyn-oase

        Hierdie fassinerende dorp lê aan die oewers van die Oranjerivier en omdat daar soveel water in en om Keimoes is, is dit 'n groen oase in 'n halfwoestyngebied wat andersins dor en droog is. Die gebied word dikwels 'n "verlore stukkie Boland" genoem omdat dit so 'n sterk kontras met die omgewing vorm.

Vroeë oorloë

        Talle veldslae het in hierdie gebied plaasgevind gedurende die eerste en tweede Koranna-oorloë. Die eerste oorlog is gevoer van 1868 tot 1869 en die tweede van 1878 tot 1879. Nabygeleë dorpies, soos Kanoneiland en Skanskopeiland, is moontlik so genoem vanweë die regeringsmagte se gebruik van kanonne. Die gebied het ook nie die Eerste Wêreldoorlog vrygespring nie, en het selfs ʼn Eerste Wêreldoorlog-gedenkteken as herinnering aan die Slag van Kakamas, wat in 1915 plaasgevind het.may215-opreis-keimios-2

may215-opreis-keimios-3
Wat steek daar in ʼn naam?

        As jy met die plaaslike inwoners praat, sal jy verskillende moontlike redes hoor oor waar die naam Keimoes nou eintlik vandaan kom. Volgens een legende het Klaas Lukas, ʼn Korannaleier wat ook ʼn rivierrower was, die dorpie op die oewer van die Oranjerivier gestig. Toe hy ʼn groot muiskolonie ontdek het, het hy besluit om die plek Keimoes (die Korannawoord vir “muisnes”) te noem. Ander sal weer sê dit kom bloot van die Nama-woorde ‘gei’ (wat groot beteken) en ‘mus’ (wat fontein of oog beteken), terwyl nog ander glo dat die naam ontleen word aan die natuurlike waterfontein naby die Rooms Katolieke sendingstasie. Nog ʼn teorie is dat ʼn mens ʼn “groot oog” nodig het om die ongelooflike uitsigte in te neem wat vanaf die Tierberg gesien kan word.

may215-opreis-keimios-4Tierberg-natuurreservaat

        Slegs 4km wes van Keimoes is die Tierberg-natuurreservaat van 160-hektaar met sy volop aalwyne, springbokke en ander boksoorte. Tierberg is deel van die reservaat, en bied die wonderlikste uitsigte oor die Oranjeriviervallei.

Bakkiespomp

        Die waterwiel in Keimoes is ʼn bekende landmerk op die kanaal en een van net ʼn paar wat nog werkend is in

may215-opreis-keimios-7Suid-Afrika. Die gerestoureerde waterwiel lei steeds water van die Oranjerivier na die wingerde en is in 1978 tot nasionale monument verklaar. Hy sit daar reg voor die uitmuntende wingerde en dis onmoontlik om dit te sien en nie ʼn paar foto’s te wil neem nie.

Nederduits Gereformeerde Kerk

        Die ou Nederduits Gereformeerde sendingkerk is in 1889 deur dominee Schröder gebou, en dit was nie net ʼn plek van aanbidding nie, maar was ook ʼn soort opvoedkundige sentrum – teen 1958 het die kerk 10 skole onder sy bestuur gehad. In 1978 is dit tot nasionale monument verklaar en word vandag weer as ʼn inligting- en kunsvlyt sentrum gebruik.

may215-opreis-keimios-8

Ou Skool-gastehuis

        Ou Skool is ʼn pragtige gastehuis op ʼn werkende rosyntjieplaas. Die huis was voorheen ʼn laerskool en spog steeds met die tipiese skool-binnehof met sy gebruiklike fontein. Hier kan jy goeie, ouderwetse gasvryheid, pragtige tuine en lowergroen wingerde verwag, en al die rus en vrede wat ʼn moeë reisiger maar kan vra.

Boom van gebed

        Die dorp Keimoes is die tuiste van ʼn manjifieke Kameeldoringboom met ʼn interessante geskiedenis. In 1918 het die land hom in die greep van 'n Spaanse griepepidemie bevind. Omdat die siekte so uiters aansteeklik was, was dit gevaarlik om binne-in geboue te vergader. Die kerk het besluit om hulle dienste onder die boom voor die Keimoes-hoërskool te hou. Dit staan vandag nog daar en staan nou as die Boom van Gebed bekend.

may215-opreis-keimios-6

Kanoneiland

        Kanoneiland het heel waarskynlik sy naam gekry van ʼn verbete geveg wat plaasgevind het tussen die Koranna-volk en die polisie. Die Koranna-rivierrowers het in die 1870s op die eiland gewoon en die nabygeleë boere se vee gestroop. Die eiland is in 1879 beleër toe ʼn polisiemag van 80-man die rowers vir etlike dae lank met ʼn kanon bestook het. Hierdie kanon staan vandag voor die ou skoolgebou.

may215-opreis-keimios-9Die Kokerboom Kos- & Wynroete

        Keimoes is een van die nedersettings wat deel vorm van die Kokerboom Kos- & Wynroete, wat in Upington begin, sowat 300km ver strek en hoofsaaklik al langs die Oranjerivier loop. Van die ander dorpe wat deel daarvan maak is Kanoneiland, Kakamas, Marchand en Augrabies, wat reisigers in staat stel om sowel die lowergroen plantegroei naby die rivier as die sterk kontrasterende woestynlandskappe te geniet.
        As jy ooit voel dat jy net “moet wegkom van alles” en jy “jouself net weer wil vind”, is die Kokerboom-roete net die plek vir jou. Die groot oop, onbesoedelde ruimtes en die Noord-Kaap se gasvryheid maak dit die plek waar jy waarlik van alles kan vergeet en net jouself kan wees. Daar is glo tot 40 000 kokerbome langs hierdie roete – besproeiing help dat hierdie bome oorleef in ʼn gebied waar die meeste plante sukkel om dit te maak.
        Die selfbestuurroete stel jou in staat om die gebruike, tradisies, kos en aantreklikhede van die streek te verken.

may215-opreis-keimios-10
        Indien jy sou besluit om die Kokerboom Kos- & Wynroete aan te pak, sal jy beslis lippe aflek met al die verruklike disse en eetgoedjies van die plaaslike mense op jou roete. Tradisionele disse, plaaslike wyne, brandewyn, kaas, dadels, rosyne en neute word alles met trots deur die inwoners gebied, en jy sal beslis nie honger hier weggaan nie.
        Bezalel Estate kelders in die Dyasonsklip-nedersetting is beslis ʼn besoek werd. Hulle bied fantastiese wyne, kaasborde, wyn-en-kaas-parings en ʼn paar gewaagde aftreksels, soos 'n unieke dadel likeur. Maar dis goeie, ouderwetse Noord-Kaapse gasvryheid wat jou besoek werklik die moeite werd sal maak.
        Oranjerivier Wynkelders naby Upington is ook ʼn moet vir enige reisiger op die Kokerboom Kos- & Wynroete. Dit is die naasgrootste wynkoöperasie ter wêreld, en verwerk 140 000 ton druiwe elke seisoen. Hulle wyne wen dikwels toekennings en talle van die wyne word in die Platter’s Guide bespreek. Hierdie jaar het hulle 2013 Wit Muskadel ʼn 4½-stergradering ontvang, terwyl hulle Rooi Muskadel en Hanepoot elk 4 sterre gekry het. Hulle Cabernet Sauvignon 2012 en Colombard 2014 is beslis ook ʼn proe werd.
        Die dorp Upington hou verskeie feeste regdeur die jaar, ondermeer die komende !Naba Kos-& Wynfees op 1 Augustus 2015 en die Kalahari Kuierfees, wat in September plaasvind.

may215-opreis-keimios-11

Lake Grappa-gasteplaas en ski-skool

        Die dorp Kakamas is die tuiste van hierdie stukkie ongerepte hemel. Lake Grappa is natuurlik nog iets wat jy eenvoudig moet besoek as jy deur die Noord-Kaap reis. Lake Grappa is omring deur lowergroen wingerde en bied hartlike gasvryheid, ski, hengel, roei,  ʼn landskap vry van besoedeling, en natuurlik; die geleentheid om niks anders te doen as om na die sterre te kyk en die asemrowende omgewing te geniet nie.

Riemvasmaak

        Geen Noord-Kaapse reis is afgerond sonder ʼn besoek aan Riemvasmaak nie, ʼn gebied wat bestaan uit 75 000ha van ruwe wildernis, unieke plantegroei en interessante bergwoestyn-natuurlewe. Buiten die maanagtige landskap, is Riemvasmaak ʼn gewilde toeriste-attraksie vanweë die warmbronne in ʼn diep kloof omring van granietkranse. Daar is ook asemrowende stap-, berg-fietsry- en 4x4-roetes vir die avontuurlustiges, voëlkyk asook fotografiegeleenthede. Maar die aantreklikste van alles is die mense van Riemvasmaak – vriendelike, gasvrye mense met baie kennis oor die gebied, mense wat trots daarop is om hulle stories te deel en tradisionele feeste voorberei wat nie sommer op enige ander plek ter wêreld nagemaak sal kan word nie.

may215-opreis-keimios-12Die magtige Oranje

        Die Oranjerivier (ook bekend as die Garieprivier in hierdie streek), wat oor 2090km strek, is die langste en grootste rivier in Suid-Afrika. Dit is interessant dat dit, buiten Upington, deur geen ander hoofstede vloei nie.
        Die Oranjerivier is ʼn ware oase vir watersport avontuur, wat vlotvaart, kanovaart en kajak-ry insluit. Die nuwe en gewilde Groen Kalahari-marathon vind hierdie jaar plaas op 18 en 19 September en beloof om ʼn opwindende naweek van avontuur, natuur, goeie kos en wonderlike vriende te wees.

Kuns op die roete

        Die Noord-Kaap, en spesifiek die Kokerboom-roete, bied volop wanneer dit kom by interessante en unieke kuns- en kultuur erva-rings. Riemvasmaak is veral ʼn besoek werd, want hier kan jy die kunsvlyt van die tradisionele Nama-volk sien en ook die warmbronne geniet.

Avontuursport

        Avontuurliefhebbers en adrenalienvrate sal nooit verveeld wees in die Groen Kalahari nie! Die gebied het iets van alles – van wildbesigtiging tot lugballonvaarte oor die Augrabies-waterval, waterski tot 4x4-uitstappies en bergfietsry. Die jaarlikse Kalahari Augrabies Extreme Marathon is ook op die kalender vir Oktober en dek ʼn afstand van meer as 250km.

Augrabies-waterval

        Hierdie waterval moet natuurlik ook op sy eie genoem word, aangesien enige besoeker aan die

may215-opreis-keimios-13

Groen Kalahari dit ongetwyfeld op sy reisplan het. Die Augrabies-waterval is ongeveer 60m hoog, wat dit die sesde grootste waterval ter wêreld maak. Die oorspronklike naam was "Ankoerebis" — "plek van groot geraas”, maar die Trekboere het dit hernoem na Augrabies toe hulle in die gebied gevestig het. Die waterval bied wonderskoon uitsigte, puik staproetes en onge-ewenaarde foto-geleenthede.
        As jy dit al ooit oorweeg het om ʼn padreis deur ʼn deel van Suid-Afrika aan te pak, hoef jy niks verder te soek as die Groen Kalahari en die Kokerboom Kos- & Wynroete nie, wat kronkel vanaf Upington deur Keimoes, Kakamas en talle ander klein juwele totdat jy uiteindelik by die Augrabies eindig.