Volg ons op Facebook

Negester KK Website banner 600x163px proef2

Dinge in die bos

Written by  Nikki van Coller
| in op Reis
| November 20, 2015

Stellenbosch is een van die mooiste dorpe in Suid-Afrika en bied hope vir almal, selfs vir die kieskeurigste reisiger.

Hou jy van geskiedenis, of is jy 'n koskenner? Het jy 'n oog vir kuns en argitektuur of is buitelug-avontuur eerder die ding vir jou? Wel, hier in Stellenbosch het ons net waarna jy soek!

Om waarlik elke aspek van hierdie wonderlike dorp in die hartjie van die Kaapse Wynlande te ervaar, het jy tyd nodig. Jy kan natuurlik hier 'n ietsie en daar 'n ietsie doen op 'n enkele dag, maar omdat Stellenbosch so 'n mag der menigte aspekte van ons kultuur bevat, is dit 'n beter idee om 'n tema te kies en jou dan heeltemal daaraan oor te gee. Ons het na vyf spesifieke maniere gaan kyk waarop jy 'n enkele dag in Stellenbosch kan deurbring; elk met sy eie meriete en hoogtepunte.

GESKIEDENIS, KUNS EN ARGITEKTUUR

Stellenbosch is natuurlik ryk aan geskiedenis, aangesien dit die tweede oudste Europese nedersetting in Suid-Afrika is. Die geskiedenis kan byna oral waargeneem word. Kom ons begin sommer by die talle eikebome wat aan weerskante van die strate pryk, en waaraan die dorp sy troetelnaam “Eikestad” te danke het. Party van die eikebome is reeds in 1760 hier aangeplant en is nou lewende, nasionale monumente.

nov 2015 op reis 1Hoewel die dorp deur drie verskriklike brande verwoes is (in die jare 1710, 1803 en 1875), is dit steeds die trotse tuiste van party van die oudste geboue in die land; Dorpstraat het die langste ry ou geboue wat nog in enige groot dorp in suidelike Afrika staan, en die meeste van hulle dateer uit die 19de eeu.

 

“Dorpstraat het die langste ry ou geboue wat nog in enige groot dorp in suidelike Afrika staan.”

nov 2015 op reis 2Stel jy belang in argitektuur? Dan kan jy letterlik 'n hele dag daaraan bestee om in vervoering te raak oor die argitektuur van die dorp. 'n Goeie manier om te begin, is deur aan te klop by die Stellenbosch-toerismekantoor vir 'n 90 minuut lange staptoer. Die ekspedisie neem jou deur die geskiedkundige Kerk-, Dorp- en Ryneveld-strate. Sien en vind meer uit oor huise wat in die 1700s, 1800s en 1900s gebou is en wat die argitektoniese style weergee van elke era, onder andere Kaaps-Hollands, Victoriaans, Neo-Goties, Eduardiaans, Vlaams-Renaissance en die Kaapse herlewingsargitektuur.

Loer in by die Dorpsmuseum en gaan verder op jou reis na die dorp se verlede. Dit bestaan uit vier woonhuise uit verskillende eras, vanaf die 1700s tot die vroeë 1900s, wat jou 'n goeie idee sal gee van hoe huise in elk van hierdie eras binne en buite gelyk het, en ook van die meubels, ontwerp en modes van die tyd.

Vir kinders is daar 'n speelgoed- en miniatuurmuseum wat gehuisves word in die Rynse Pastorie wat uit die 1700s dateer. Alles van porseleinpoppe tot antieke teddiebere en miniatuurvliegtuie kan by hierdie ongewone museum gesien word.

nov 2015 op reis 3Kunsliefhebbers sal natuurlik ook nie teleurgesteld wees wanneer hulle Stellenbosch besoek nie. Die dorp is die tuiste van die bekende Rupert-museum waar die uitsoek-versameling van Suid-Afrikaanse kuns vanaf 1940 tot 1970 uitgestal word. Die werke sluit in die grootste Suid-Afrikaanse Irma Stern-versameling, asook werk van JH Pierneef, Penny Siopis, Willem Strydom en talle ander. Die D-Street-galery in Dorpstraat is ook 'n besoek werd, en die SMAC-galery in Kerkstraat vertoon tans die versameling van Themba Shibase: Slightly Off Centre, wat tot 21 November 2015 daar te sien is.

“As jy dink dat daar nie winkelterapie in Stellenbosch is nie, is jy beslis verkeerd.”

nov 2015 op reis 4MARK TOE!

As jy dink dat daar nie winkelterapie in Stellenbosch is nie, is jy beslis verkeerd. As jou dag in die ‘Bosch oor 'n naweek val, is daar talle markte om van te kies en te keur, veral hierdie tyd van die jaar.

Die Root44-mark is elke Saterdag en Sondag van 10vm tot 4nm oop by Audacia Wines en beloof om jou alles te bied wat jy van 'n lekker landelike mark sal verwag: tonne eet- en drink-opsies, lewende musiek, Eikebome, Dorpstraat. 'n wonderlike atmosfeer en, natuurlik, al die mark-inkopies wat jy kan hanteer. Wanneer die weer dit toelaat, bied die mark ook poien hoelahoep-werkswinkels op Sondae aan.

nov 2015 op reis 5Op Saterdae, van 9vm tot 2nm, kan jy jou verlustig in die smake van die Slow Market, 'n fantastiese voedsel-mark by Oude Libertas. Hier kry jy als van Craft-bier tot plaaslike organiese produkte en verstommende kuns-lekkernye.

nov 2015 op reis 6Vir 'n wonderlike uitstappie vir die hele gesin, wat die honnekinners insluit, hoef jy nie verder te gaan soek as die Blaauwklippen- gesinsmark nie, waar besoekers elke Sondag van 10vm tot 3nm verwelkom word. Daar’s altyd hope vermaak vir die kinders terwyl ma en pa die lewende musiek geniet, inkopies doen by die verskeidenheid stalletjies of die geurige disse by die kosstalletjies op die proef stel.

“Stellenbosch is natuurlik ryk aan geskiedenis, aangesien dit die tweede oudste Europese nedersetting in Suid-Afrika is.“

FAUNA EN FLORA

Jou ideale dag is moontlik buite in die vrye natuur waar jy die pragtige tonele kan indrink en die gebied se plante van naderby kan bekyk of moontlik 'n onvergeetlike dag saam met die diere. Ja, Stellenbosch het alles hierbo en meer.

Om mee te begin, is daar die pragtige Jonkershoek-natuurreservaat van 9800 hektaar wat ryk is aan fauna en flora, met meer as 1000 plantspesies, volop voëls, klein soogdiere en, in die somermaande, slange soos pofadders en koperkapelle. Die kleiner Assegaaibosch-natuurreservaat vorm ook deel van Jonkershoek, en is die tuiste van die geskiedkundige Assegaaibosch-plaasopstal, 'n nasionale monument wat in 1792 opgerig is.

nov 2015 op reis 9Die Jan Marais-natuurreservaat is relatief klein en beslaan net 32 hektaar, maar het baie om te bied. Daar’s swaaie en klimrame vir die kinders, 'n 1.7 km lange staproete aan die buiterand van die reservaat, 'n grasperk vir pieknieks, beeldhouwerke in die tuine en 'n mooi doolhof wat in 2002 deur Terry de Vries opgerig is.

Ander rustige buitelug aktiwiteite sluit in 'n wildrit by Villiera-wynplaas, 'n besoek aan die Big Cats Park by Vredenheim of 'n uitstappie na Eagle Encounters by Spier, waar jy persoonlik kan kennis maak met 'n groot verskeidenheid roofvoëls. En om die dag met die diere af te rond, kan jy gerus gaan inloer by Giraffe House, waar daar 'n natuuropvoedingsprogram aangebied word en waar daar werfdiere, kameelperde, apies, verskillende boksoorte, jakkalse, reptiele, voëls en baie ander diere te sien is.

“Stellenbosch is ongetwyfeld Suid-Afrika se beste kos-en wynbestemming.”

nov 2015 op reis 7

WINGERD, WYN EN KOS

nov 2015 op reis 8Stellenbosch is ongetwyfeld Suid-Afrika se beste kos- en wynbestemming, en die wingerde vorm natuurlik 'n groot deel van die dorp se erfenis. Die eerste wingerde is in 1679 aangeplant en die Stellenboschwynroete was die eerste in die land, toe dit in 1971 begin is. Die vallei is die tuiste van nie minder nie as 200 wynmakers, en by baie van hulle kan jy gaan proe, toer of koop – party het piekniekplekke, restaurante, geskenkwinkels en galerye. Talle van die wynplase bied ook akkommodasie en by sommige kan jy selfs gaan wild besigtig.

Indien jy beplan om vir 'n dag te kom om die beste wyne van Stellenbosch te ontdek, kan jy self bestuur en op jou tyd die plase besoek waarvan jy die meeste hou, of jy kan 'n gereëlde wynuitstappie meemaak, soos dié wat aangebied word deur Vine Hopper of ander organisasies. Vine Hopper bied drie klim-op-klim-af-roetes, sodat jy self kan besluit hoeveel wynplase jy wil besoek en hoe lank jy by elkeen wil bly. Hulle het onlangs 'n drie-in-een-toer bygevoeg, waar jy wyn, vonkelwyn en brandewyn alles op een dag kan ervaar. Aanbiedinge op die toer is wynproe by Fleur du Cap, 'n keldertoer en besoek aan die wynmuseum by Die Bergkelder, 'n besoek aan die House of JC Le Roux vir vonkelwyn en malvalekkers en meringue, 'n maaltyd by Le Venue en 'n besoek aan die MCC-produksielyn, gevolg deur 'n draai by Van Ryn’s Brandy Distillery vir 'n toer en vir proe.

Ander kosverwante toere wat jy gerus op die proef kan stel, is dié aangebied deur Bites and Sites. Hulle het 'n hele aantal fantastiese kostoere, en elke toer verken die kulinêre geskiedenis en kultuur van Suid-Afrikaanse kosse, wat tradisionele Afrikaanse, Kaaps-Maleise en Xhosa-disse insluit.

nov 2015 op reis 10As jy verkies om dit teen jou eie pas te doen, is daar 'n groot aantal van die allerbeste restaurante in die area, onder andere die Indochine by Delaire Graff-wynlandgoed, Overture by Hidden Valley Winery, Tokara-restaurant, Rust en Vrede-restaurant en Terroir by Kleine Zalze.

SPORT EN AVONTUUR

As jou idee van pret met aksie te doen het, stel Stellenbosch weer eens nie teleur nie; daar is talle aktiwiteite en avonture om jou hande vuil en jou adrenalien aan die pomp te kry. Skop af by Pete’s Adventure Farm, wat die ideale dag uit is vir die gesin, aangesien hulle vierwielmotorfietse, boogskiet en perdry aanbied, vir elke ervaringsvlak.

“Hierdie area bied ook talle geleenthede vir draf, stap, fi ets- en bergfi etsry, en jy kan ’n fi ets by die avontuurwinkel huur.”

nov 2015 op reis 11Hierdie area bied ook talle geleenthede vir draf, stap, fiets- en bergfietsry, en jy kan ’n fiets by die avontuurwinkel huur. Vir diegene wat daarvan hou om hulle tot die uiterste in te span, is daar ook geleenthede vir bergklim, hangsweef en abseil, asook verfbal, kanovaart en 4x4-roetes wat jy met jou eie, of gehuurde 4x4-voertuig kan trotseer.

Gholfspelers kan kies tussen drie puik 18-putjie-gholfbane. Devondale is ’n pragtige kampioenskapbaan wat spog met ’n boomtuin; die De Zalze-gholfbaan van 300 akker en die geskiedkundige Stellenboschgholfklub waar daar al talle toonaangewende toernooie gehou is, onder andere die Suid- Afrikaanse Ope en die Suid-Afrikaanse Meesterstoernooie.

Stellenbosch is ook die tuiste van die Kaapse been van die jaarlikse Impi-uitdaging, wat by die Lievland-wynlandgoed plaasvind.

Wanneer jy weer 'n daggie vir jouself het, beplan gerus die ideale, doelgemaakte GROOT DAG UIT na Stellenbosch, een van Suid-Afrika se oudste dorpe, maar wat vinnig besig is om een van die modernste te word.


Stellenbosch 360 Stellenbosch se Toerisme- en inligtingsburo

Markstraat 36 Tel: +27 (0)21 883 3584 | www.stellenbosch.travel