Volg ons op Facebook

Negester KK Website banner 600x163px proef2

Kampeer rondom Addo

Written by  Charles J. Fourie
| in op Reis
| June 26, 2014

Naas die Krugerwildtuin en die Kgalagadi-oorgrenspark, is die Addo- nasionale olifantpark die grootste, en ook een van die gewildste trekpleisters in die Oos-Kaap vir kampeerders en toeriste wat dié wêreld wil besoek om na die wild te kom kyk.

Wat die park nog meer imposant maak, is dat jy hier nie net die Vyf Grotes gaan teëkom nie, maar die ‘sewe grotes’ wat die noordkapperwalvis en die witdoodshaai insluit, aangesien die Woody Cape-deel van die park tot by die see loop.
        Ons loer vandeesmaand na ʼn paar gewilde kampeerterreine rondom die Addo- nasionale olifantpark, en ook nader aan die see rondom Port Elizabeth waar jy ʼn gerieflike en veilige staanplek vir jou tent en karavaan saam met die gesin by ʼn verskeidenheid van vakansie-oorde sal vind.
        Kampeerwenk: Die Addo- nasionale olifantpark en omgewing is ʼn malariavrye gebied, maar wees daarvan bewus dat muskiete en ander insekte lastig kan wees. Geen sitrusvrugte word in die wildgebied van die park toegelaat nie. Jy het ook nie ʼn 4x4 nodig om in die omgewing te reis nie. Neem ʼn grondseil vir jou tent saam.


ADDO- NASIONALE OLIFANTPARK

safari tent exteriorDie park se grondgebied beslaan ʼn allemintige 1 642km, en hoewel dele van die park tussenin plaasgrond omvat, is die plan om die park met nóg 3 600km  uit te brei sodat al die los stukke deel word van een aaneenlopende park. Boonop word die grootste duineveld in die Suidelike Halfrond ook hier aangetref.
        Vir die kampeerder is Addo ʼn wildverkenningsparadys waar jy alles vanaf olifante, renosters, leeus, hiënas, talle bokspesies en vlakvarke en nogmaals vlakvarke sal teëkom. Dis ook hier waar jy die vlerklose Addo-miskruier sal raakloop, so hou jou wiele weerskante van die olifantmis, en wees op die uitkyk vir die park se rare inwo-ners wat grondlangs skoffel.
        Die kampeerterrein by die hoofkamp lê in een hoek van die park en dit is dus ’n goeie plan om jou daaglikse wildkykrit in twee skofte te verdeel. Vroegoggend vir die westelike deel en die middag vir die oostelike deel. Die park het nie piekniekplekke nie, maar daar’s drie rusplekke in die wildgebied waar jy uit jou motor mag klim.
        Ongeveer 9km vanaf die hoofkamp is daar Kadouw, vanwaar jy die spekbome vir kilometers ver in alle rigtings kan sien. Domkrag is sowat 3km ver, en hier mag jy ook uit jou motor klim en kyk hoe die leeus hul dors kom les. En dan is daar Spekboom waar jy die enigste toilette in die park se wildgebied sal vind.
        Die park is binne trefafstand, sowat 30km, vanaf Port Elizabeth, en is ook naby genoeg om die omliggende dorpe  van Addo, Kirkwood, Grahamstad en die Baviaanskloof-natuurgebied, asook die Gamtoos- en Sondagsrivier-valleie te verken.

Kampeerfasiliteite

        Die kampeerterrein is geleë by die hoofkamp en bied gerieflike staanplekke, meestal op turfgrond, so neem maar die grondseile saam. Daar is gedeelde ablusiegeriewe vir mans en dames, asook ʼn kombuis wat kampeerders deel waar jy kos op die stoof kan maak, en jou skottelgoedjies en klere kan was. Elke staanplek het sy eie 220 volt-kragpunt.
        Die karavaanstaanplekke is lekker groot, maar as jy in die tentkampeer-area gaan tent opslaan, is jy beperk tot ʼn staanplek van 3.5m x 4.5m. SANParke wat die park bestuur, bied ook ander akkommodasie in die park wat chalets en luukse oornag-tente insluit. Onthou die hektye vir toegang tot die wildgebied van die park gedurende die wintermaande is 6.30 vm. en 5.30 nm.

Aktiwiteite

• Restaurant met kroeg • Voorraad- en toeristewinkel • Natuurlike wild- en voëlkyk • Beligte drinkwatergat • Olifantsafari’s • Perderitte • Begeleide wildritte

Lesersmening: Gaan Julie by Addo-hoofkamp kampeer vir die naweek saam met vriende  – Jan Hugo | Addo-olifantpark!!! Whoop!! – Amelda Winterbach Beukes | In die Addo-olifantpark. Dis asemrowend mooi en vreedsaam  – Tanyia Hugo

Vir meer inligting besoek - www.sanparks.org/parks/addo/camps/addo/


SITRUS-OEWER-RIVIERKAMP

sor4

Hierdie lieflike oord met sy kampeerterrein vind jy in die pragtige Sondagsriviervallei naby Kirkwood. Dis geleë teen die oewer van die Son-dagsrivier op 'n funksionerende sitrusplaas, en is die ideale wegbreekplek vir die gesin met hope aktiwiteite vir die jongspan. Dis ook slegs 25 minute se ry vanaf Addo- nasionale olifantpark en net 10 km vanaf die Addo 4x4-roete.  Jy kan ook jou troeteldier saamneem indien jy vooraf reëlings met die eienaar, Johan Swart, tref. Om hier uit te kom vanaf Kirkwood, vat jy die R336 na Graaff-Reinet. Draai links op grondpad 7 km uit die dorp voor die kanaalbrug. Draai regs by die 4-rigtingstop, en volg die Sitrus-oewer-aanwysingsbordjies.

Kampeerfasiliteite

         Die kampeerterrein bestaan uit 25 kampplekke en ʼn maksimum van 4 persone word per staanplek toegelaat. Al die staanplekke het grasbedekking en die meeste het skaduweebome waaronder jy jou tent kan opslaan. Daar is elektrisiteit vir karavaankragpunte. Ablusiegeriewe is ingerig vir mans en dames met warmwaterstorte. Daar is ook ʼn gemeenskaplike lapa met ʼn yskas, mikrogolf, ketel, 2-plaatstoof, ʼn kroeg en heerlike saam-braai-area. Die rivier is toeganklik vanaf die kampeerterrein. Hulle bied ook selfsorgeenhede vir meer gerief, of as jy jou tent vergeet het.

Aktiwiteite

• Kroeg en braai-lapa • Visvang en kanovaarte • Verskeie stap-roetes langs rivier • Pretpark vir die kinders • Nabygeleë 9-putjie-gholfbaan • 4x4-roetes op aanliggende plase

Lesersmening: Sitrus-oewer, Kirkwood  – Ursula  v.d. Schyff Kemp
Langs die rivier by Sitrus-oewer (paling te gat ) –  Michelle GouwsMichelle
Sitrus-oewer! – Janus Greyling

Vir meer inligting besoek – www.greateraddo.com/sor/sor.html


THE HOMESTEAD

addo accommodation homesteadbnb caravan2

Hierdie alles-in-een rustige vakansie-oord is geleë op een van die oudste sitrusplase in die omgewing, en is ook gerieflik naby al die besiens-waardighede rondom Addo. Die oord word al 15 jaar lank bedryf deur die eienaars Thurston en Magda Whittle, en bied verblyf aan kampeerders, bed-en-ontbyt-toeriste, asook ‘backpackers’. Hulle is maar minute ver per motor vanaf die Crocodile Ranch, Schotia Safaris, en die immer gewilde Shamwari,  wat ook bekend is as een van die beste private wildparke in Suid-Afrika. Die tuin by Homestead is ʼn lushof en bekend vir die Jakaranda-boom wat al meer as ʼn 100 jaar oud is, waaronder jy sielsrus van die stadsgeraas sal vind.

Kampeerfasiliteite

        Die kampeerterrein het slegs 15 staanplekke wat op grasperk en onder skadubome geleë is. Daar is netjiese skoon ablusiegeriewe vir mans en dames asook braaiplekke en kragpunte. Hulle bied ook twee karavane aan wat lekker weggesteek is in die pragtige tuin, en ten volle toegerus is. Selfsorgakkommodasie is ook beskikbaar in die hoofhuis wat bed en ontbyt insluit, asook kamers vir ‘backpackers’ wat bekostigbare verblyf soek.

Aktiwiteite

• Restaurant en kroeg • Voëls en wild • Staproetes op die plaas • Begeleide wildtoere • 4x4-roetes

Lesersmening: The Homestead is lekker rustig en veilig – Erna Kleyn
The Homestead beste! – Niel Vermaak

Vir meer inligting besoek - www.homesteadbnb.co.za


PEARSON PARK-KARAVAANOORD

Die oord is bekend as ʼn watersport- en natuurliefhebbersparadys en is slegs 3 km van die Matyholweni-ingang tot die Addo- nasionale olifantpark. Die oord is geleë op die oewer van022 22die Sondagsrivier, en omring met Oos-Kaapse natuurskoon en voetslaantoegang tot die wit strande en duine wat aan die see grens. As jy ʼn watersport-entoesias is, sal Pearson-oord aan al jou verwagtinge voldoen. Hier kan jy met jou boot, waterponie, kano en ander watersporttoerusting na  hartelus baljaar. Dis veral ʼn gewilde vakansieplek vir gesinne met kinders. Hulle bied ook riviervaarte en hengeluitstappies aan, en in die wintermaande kan jy die walvisse en dolfyne vanaf die strand besigtig.

Kampeerfasiliteite

         As jy hier kom kampeer, hoef jy omtrent net jou tent of karavaan saam te bring want die oord het al die geriewe en toegang tot wat ook al jy nodig het om aan te koop. Daar is 150 lekker groot staan-plekke vir karavane en tente waarvan 48 van die staanplekke elk sy eie kragpunt het, en daar is ook talle waterpunte. Die netjiese ablusiegeriewe maak voorsiening vir die hele gesin met warmwaterstorte en ook baddens vir gestremdes. ʼn Kombuis met alle geriewe vir kosmaak, opwas en stryk is ook beskikbaar aan alle kampeerders. Jy kan ook jou boot sommer duskant die kampeerterrein in die water laat op die Sondagsrivier.

Aktiwiteite

• Garage met petrol en diesel • Verskeie nabygeleë restaurante • Swembad en speelraam • Vermaakkamer vir die kinders • Huur van waterponies en kano’s • Spar-supermark • Poskantoor • Drankwinkel  • Banke.

Lesersmening: Pearson Caravan Park by Colchester – Penny Lovemore Pearson Park, Sundays River is the best  – Pierre en Madelein Deysel

Vir meer inligting skakel – www.pearsonpark.co.za


GAMTOOS-RIVIER-KARAVAANPARK

Die luukse karavaanpark wat ook deel vorm van die Ferry Hotel is op die oewer van die pragtige Gamtoosrivier geleë, en is ook binne trefafstand van die Addo- nasionale olifantpark en omliggende dorpies asook die branderplank-Mekka Leandre--Wian-Troue-615 0van Jeffreysbaai. Dis werklik ʼn netjiese en baie gerieflike kampeerplek en ʼn gewilde vakansiebestemming vir oud en jonk. Met toegang tot die rivier is dit ook ʼn watersport- en hengelaarparadys. Vir diegene wat ʼn troue of ander geleentheid wil vier, bied hulle ook van die beste geriewe in die omgewing. Om hier uit te kom, volg die N2 vir 15km vanaf Jeffreysbaai of 55km vanaf Port Elizabeth.

Kampeerfasiliteite

        Hierdie is seker een van die netjiesste kampeerterreine in die omgewing. Daar is slegs 39 staanplekke op lowergroen grasperke, en die meeste van die staanplekke het skaduwee. Kragpunte en ʼn braaiplek word by elke staanplek voorsien waar jy jou vleisie oor die kole kan draai met lieflike uitsigte oor die Gamtoos-rivier, en jy kan sommer op die kant ook ʼn lyntjie natmaak. Die ablusiegeriewe is netjies en daar is ook gedeelde geriewe vir opwas, wasgoed en stryk.         Die hotel bied ook luukse verblyf aan, en daar is ook konferensie-fasiliteite vir groter groepe besoekers.

Aktiwiteite

• Restaurant en kroë • Swembad en nabygeleë strand • Riviervaarte en kano’s • Nabygeleë 4x4- en staproetes • Hengel vanaf strand en boot • Sandplankry op duine

Lesersmening: Jeffreysbaai! – Tilly Flesch Wagner
Gamtoos langs die see  – Ronnie Marshall

Vir meer inligting besoek – www.ferryhotel.co.za