Volg ons op Facebook

Onlangse Artikels

Sop vir jouuu!

Na die vreeslike geharwar en gekokery met die langtafel is Della baie ingenome met haarself, maar tog baie uitgeput. Dit vat dit uit 'n mens uit om jou siel op 'n bord te dis.

Della Fontein en nag van die langtafel

Die mis lê dik oor die dorp en Della roer haar koppie koffie stadig en met misnoeë. Sy sug. “Ag ja.” Dinge in die dorp is nie wat dit moet wees nie.

Goeie vet!

As ou Tant Siena straat op loop
Om antipon of spek te koop
Sê dié wat pad maak: Dank die Heer!
En sit hul sware stampers neer.

Krismis se kapperjolle

Kerstyd is tyd vir familie, vriende, liefde en jolyt. Die jaar se dinge kan netjies in ‘n kas gepak word, en ons kan weer ons hoop afstof en uitsien na ‘n nuwe jaar. Voordat ons van vooraf afskop, afstof en wegpak, kan ons vir oulaas bietjie terugsit en tyd spandeer op die goeie dinge in die lewe - mense en kos!

Hartman en seuns slagtery - van toeka tot nou

Inwoners van George sal goed vertroud wees met die Hartman & Seuns-slagtery wat al van die laat 1980’s uitmuntende vleis op die dorp verskaf.

Vingeretes - dis ’n mondvol

Hierdie tyd van die jaar begin mense meer onthaal. Dis asof die hitte van die somer almal inspireer om aan die kuier te gaan. Terwyl daar niks lekkerder is as om om ‘n vuurtjie te staan en te braai nie, is daar soms meer gepaste maniere om te onthaal. Wanneer drankies deurlopend bedien word, wil mens jou gaste betower met klein mondjiesvol wat deurgaans geniet kan word.

Ons kook die hoender uit die eend uit

‘n Hoender en ‘n eend is nou nie juis voëls van enerse vere nie. Nie op die poot, of op die bord nie. Die kookmetodes, smaak en voorkoms van beide is heeltemal anders.

Van koolstowe en goeie gene

Sommige mense loop rond met die spreekwoordelike “chip” op hulle skouers. Vanwaar die aanstellerigheid, wonder mens.

Uit ons veldkombuis

In my soeke na veldkos gaan krap ek eers in die anale van ons literatuur en kom onder andere op Leipoldt af. Wat ‘n wonderlike fonds! Hy praat van die Goewerneur se Boontjie en ‘n Jakkalskos-Soufflé.

Suikerbossie ek wil jou hê

Binne elke maer meisie is daar ‘n vette-tjie wat skree vir ‘n chocolate. Dit sê ‘n goeie vriend van my. Wanneer ek so rondkyk na meisies, druppende van die goud, elegansie en stroperige woorde net om eweskielik in klein otjies te verander wanneer daar ‘n korreltjie suiker in die omtrek is, dan het hy nogal ‘n punt beet.

Geslagte se geslag

Ver agter in die banke van my geheue, daar waar my kleintyd se herinneringe en heimwee sit, daar lê die wit ‘enamel’-skottels, skerp messe, vleismeulens, houtborde en die reuk van bloed op slagdag.

Kekkel-lé-kos!

Daar is soveel geregte wat mens kan maak met hoender. Ek het deur die biblioteek in my kop gesoek na al die uit-heemse disse wat ek van hou om te maak. Dinge soos dim sum, yakatori, bang-bang hoender.

’n Speenvarkie met slap hakskeentjies

Ek ken sekere mense wat verskriklik gril wanneer hulle iets eet wat lyk soos die oorspronklike dier. Hul sit nie hul monde aan 'n hoendervlerkie, of 'n paddaboudjie of 'n heel vis nie.

Lekkerder as Staal - Burger

Wanneer die tawwe tienies die dag sag raak en Staal Burger sy murg verloor dan weet jy dis nou tyd om ‘n pattie te braai.

Sout van die see

"Hier kom die somer, die son. Hier kom die somer son. Dae soos heuning warm en lou". Een van my gunsteling liedjies deur Ralph Rabie of te wel Johannes Kerkorrel.

Lappetrap en lippeklap

Ek luister ander aand na die radio en toe-vallig is ‘Siele-op-Wiele’ oppie lug. Ek luister hoe die manne lekker met mekaar klets so in die laatnag. Dis net “lappetrap” soos hulle daar verby Vredenburg en noordwaarts deur die middernag se mis omhels word.

Koes-koes vir jou

Ek het my soettand verloor toe my ma my daarvan beskuldig het dat ek altyd die tert in die yskas steel, en my toe op ’n lewenslange dieet sit.

Op hete kole

        Vir die een of ander rede word mans meer mannerig rondom 'n vuur. Miskien is dit die jagter in hulle wat uitkom. Vrouens weer word meer vrouerig, hulle soek slaaibakke en sellofaan en begin onmiddellik braaibroodjies maak as mens die woord “braai” noem.

Chenin Blanc - Why not take Cinderella to the ball?

South African winemakers were dealt a fabulous hand of Chenin Blanc, but many chose to fold without even looking at their cards.

Jy maak my lam

Dis winter en ons kuier in Bredasdorp, en wat is nou ’n beter geleentheid om lam te kook?

Blends are the new black

History has a habit of running around in circles. Fashions repeat themselves, much like episodes of ‘Friends’ on E-TV, and - with the right marketing - what was second-hand, can quickly become ‘vintage’.

Op Slag!

Addo is nou vir jou ’n vreemde plek. So land ek daar met die  verwagting dat als wild sal wees.

Swartland Hanepoot - Ancient grape, modern pleasure

The door slams shut behind you. You shake the drizzle from your coat. A cold wind lifts and throws a billows rain against the windowpanes. As the sound of the drumming rain fades you know its time to choose a drink. It has been a long day, it’s cold, and you are in need of something restorative.

Pens en pootjies

Na ’n ge-hum en ’n ge-ha oor wat om te kook vir ons Kakamas-uitgawe besluit ons toe om een of ander onverklaarbare rede afval is die gepaste dis.

All hail Cabernet Sauvignon

Why is it that Cabernet Sauvignon has such respect and appeal around the world? What made Cabernet King?

Kook jy met goeie wyn?

Meeste mense sal saamstem dat wyn vir die drink is en dat die regte pasmaat by die regte dis nie net die wyn se volle potensiaal ontsluit nie, maar dat dit ook aan die kos wat jy daarmee saam eet ʼn smaaksensasie verleen.

Wilder as wild

Ek kyk ander dag ’n program op televisie waar hulle vertel hoe die moedige vrouens oor die weg moes kom met wat hulle gehad het in die konsentrasiekampe.

Oranjerivier Cellars - Jou vriend vir alle seisoene

Wanneer ons ʼn wyn kies, speel die weer en seisoene ʼn groot rol in ons keuse. Dis ʼn gewoonte wat natuurlik heeltemal sin maak, maar tog ook ʼn tikkie vreemd is.

Pap en tik aan die vleis

‘Vleishonger’ is ’n lelike ding, so vertel my ouma my. Dit was in die maer jare van depressie toe almal met sulke lang oë, en kwylende monde, gestaan en kyk het hoe mense wat dit kon bekostig vleis koop.

Blending's Best

When considering which wine to buy on their way home from work, many I think tend to ignore, no, not ignore, simply forget about blended wines.

Cederberg - Wine with altitude

Probably the most difficult thing about wine is trying to choose a bottle. Don’t worry, you’re not alone.

Sauvignon Blanc - Simplicity rules

What is it about Sauvignon Blanc that makes it such a popular wine? Wine geeks and critics sigh and moan about the millions of litres of Sauvignon sucked down the throats of gleeful pool-side sippers, while other grape varieties like Chenin and Riesling are left in the cellar.

Uitgestrekte en onmiddellik genot

Sommige mense dink mos boervroue sit net rond met groot diamante aan die vingers en skinder oor ander ryker, of armer, boervrouens oorkant die draad. Of plaasmense sit heeldag en bid vir reën. Dit gebeur seker ook, maar my ervaring is dat daar altyd werk is om te doen op ’n plaas - kom reën, skinner of sonskyn.

Verfrissend lig en lekker vir somer

Vir baie jare nou al vind ek myself oormatig krities teenoor Suid-Afrikaanse witwyn.

'n Vis is 'n anne dis

My Ouma Mackie het altyd daarop aangedring dat sy die viskop kry om te eet; “Dis die sappigste deel,” sou sy sê. Daar was in elk geval nooit regtig iemand anders wat daai blink ogies wou eet nie, so Ouma het lekker salig gesmul. Stadig en met groot genot. 

Appels en pere vir Smulpape

As kind het ek altyd so vir my een oom gekyk en gewonder hoekom hy so ’n groot knop in sy keel het. Later het my ma vertel dit word ’n mens se ‘Adamsappel’ genoem. In my kop het snaakse dinge gebeur. Ek het die storie van Adam en Eva en die appel sommer so aanmekaar gelas, en gedink dis mos nou dié einste appel wat daar in my oom se keel gaan vassit het.

Sparkling Wine - Tasting the Stars

What is it about that distinctive little pop that gets the blood flowing, the hair down, and an itch to turn the music up?